{{item.currency}} {{pricing}}





{{item.currency}} {{pricing}}



{{item.currency}} {{pricing}} - Out of Stock

Tamatie Straat

Myan Subrayan is al welbekend vir sy praatjies, TV onderhoude, motivering van sportspanne en korporatiewe besighede oral in die wereld. In “Tamatie Straat “ vertel hy van die ervaringe wat hom ‘n gesogte spreker maak. Hy deel insigte wat die leser kan help om uitdagings die hoof te bied. Soms maak dinge net nie sin nie. Party mense lê snags daaroor wakker en berokken hulleself baie skade. Myan bied praktiese en eerlike raad wat in sulke tye van verwerping, hoop bied. Hy moedig jou aan om die lewe se uitdagings vreesloos aan te pak. Hy maak staat op sy ervaring as n lewensafrigter en help jou om fokus en rigting te vind. Selfs al dink jy daar is nie meer hoop nie, sal hierdie boek jou inspireer om nie tou op te gooi nie. Jy kan aanhou probeer. Selfs al is daar storms wat jou wil aftrek, kan jy altyd weer opstaan. Die boek sal jou help om ander mense te motiveer wat uitdagings en moeilike tye in die gesig staar. Meer nog, dit sal jou help om sin te maak uit baie van die nonsens waarmee jy te doen kry. Myan skryf in eenvoudige, maklike leestaal en die humor wat hy gebruik, maak dit ‘n lekker-lees boek.

Back Back to top